Onderwys sit (uiteindelik) tenders uit vir konstruksie
Die Tender Bulletin berig dat nadat August 26, 455 miljoen Namibiese dollar se konstruksie vir onderwys oor twee jaar sonder enige tenders uitgevoer het, het die lynministerie nou weer begin om sy konstruksietenders te adverteer. Die ministerie het 14 tenders uitgereik vir die bou van klaskamers, administrasiekantore, wetenskaplaboratoriums, rekenaarlaboratoriums, skoolbiblioteke, ablusieblokke in al 14 streke. […]
Jacques Burger neem oor as direkteur van rugby by NRU
Jacques Burger is deur die Namibiese Rugby-unie aangestel as die nuwe direkteur van rugby, in die plek van die oud-Springbok-afrigter Allister Coetzee. Chrysander Botha sal as nasionale mansafrigter oorneem, en sal bygestaan word deur Jaco Engels, Rohan Kitshoff, David Philander en Sergio de la Harpe. Coetzee is in Junie 2021 aangestel om die Welwitschias voor […]
Coetzee-egpaar wen LPO produsent van die jaar-toekenning
Die Namibiese Landbou-unie en die Lewendehawe Produsente-organisasie het hul jaarlikse Toekenningsgala-aand in Windhoek aangebied. Die geleentheid het prestasies in Namibië se landbousektor vereer. Die hoogtepunt van die aand was die Lewendehawe-produsent van die Jaar-toekenning, wat gegaan het aan Streicher en Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmara. Kosmos 94.1 Nuus het met Egbert Hoff, koördineerder van die […]
VSA se Gaza-hulp sperdatum kom al nader
Israel het ‘n paar maatreëls getref om humanitêre bystand in Gaza te verhoog, maar het tot dusver nie daarin geslaag om die situasie noemenswaardig om te keer nie. Volgens Matthew Miller, woordvoerder van die staatsdepartement, let hulle daarop omdat die sperdatum vir ‘n ultimatum al nader kom. Die Biden-administrasie het in ‘n brief van 13 […]
Britte hou Amerikaanse verkiesing fyn dop
Die Britse gesondheidsminister Wes Streeting sê die regering van die Arbeidersparty het geen standpunt oor die Amerikaanse verkiesings nie maar, beklemtoon dat dit wel belangrik is omdat die VSA een van Brittanje se grootste bondgenote is. Streeting sê hulle sal voortgaan om saam te werk.
Bokke se oefenkamp begin vandag
Die Springbokke het hulle voorbereidings vir vandeesweek aangepas omdat die naweek se toets teen Skotland op Murrayfield eers op Sondag plaasvind. Hulle het Sondag in Edinburgh aangekom na ʼn week lange oefenkamp in Jersey en het Maandag die dag af gehad voor hulle vandag afrigting hervat. Vaskopstut Wilco Louw sê die kamp bied hulle die […]
Krediet sal gedemp bly met hoë rentekoerse
Kredietverlening in die privaatsektor het in September vir die derde agtereenvolgende maand gestyg na 3 persent, deels weens laer rentekoerse. In Augustus was die groei 2,1 persent. Besigheidskrediet het met 3,3 persent gestyg en huishoudelike kredietverlening met 2,9 persent, die hoogste groei sedert die begin van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro […]
Owerhede stel ondersoek na organofosfaat-vergiftiging in
Die regering sê hy koördineer omvattende ondersoeke na die uitbreking van siektes wat deur voedsel veroorsaak word in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die Gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het verlede week bekendgemaak organofosfaat, wat in plaagdoders gebruik word, het verlede maand ses kinders in Soweto se dood veroorsaak. Hulle het volgens berigte ʼn […]
COP16 misluk – geen ooreenkoms
Die Verenigde Nasies se 16de konferensie oor Biologiese Verskeidenheid in Colombië het geëindig te midde van meningsverskille oor ‘n toekomsplan vir globale bioverskeidenheids-befondsing. Lande het gehoop om vordering te maak oor noodsaaklike teikens soos die beskerming van 30-persent van die aarde en die hervorming van die globale finansiële stelsel wat die omgewing skade berokken. Regerings […]
Musk mag sy US$1m-tjekkies uitgee
ʼn Regter van Pennsilvanië het beslis die tegnologie-miljardêr, Elon Musk, se daaglikse skenking van 1 miljoen Amerikaanse dollar aan kiesers in swaaistate mag voortgaan. Philadelphia se distriksaanklaer, Larry Krasner, het die skenking ʼn skelmstreek genoem wat die staat se verkiesingswet oortree, en gevra dat dit gestaak word. Die geskenk deur Musk se America PAC eindig […]