
Ox sluit aan by die Sharks - December 17, 2024
Springbok-stut Ox Nché het ʼn nuwe ooreenkoms met die Sharks onderteken wat tot Junie 2028 geldig is. Die 29-jarige speler wat in 2020 die Cheetahs verlaat en by die Sharks aangesluit het, het 60 keer vir die Durbanse span uitgedraf. Vroeër vanjaar is berig Nché gaan by die Franse Top 14 aansluit, maar hy het […]
16 dae help nie, Namibiërs is bewus van geslagsgeweld, oplossings ontbreek - December 17, 2024
Die 16 dae van aktivisme teen geslagsgebaseerde geweld het op 10 Desember afgesluit. Gedurende hierdie tydperk het Kosmos 94.1 Nuus twee moorde op vroue aangeteken, 6 aangemelde verkragtings, of gemiddeld een per dag, en een poging tot verkragting van ‘n seun. Dit is slegs die sake wat amptelik aangemeld is. Op geslagsgebaseerde geweld-platforms is talle […]
Nog twee dwelmmuile by OR Tambo vas - December 17, 2024
Twee dwelmmuile is die naweek by die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek kort nadat hulle uit Brasilië aangekom en met kokaïne betrap is. Dit volg nadat owerhede by die lughawe onlangs begin toeslaan het op dwelmsmokkelary en meer as 15 mense die afgelope twee maande in hegtenis geneem is. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê […]
Assad sê hy wou nie ingee of vlug nie, maar moes - December 17, 2024
Sirië se voormalige president Bashar al-Assad sê hy was nooit van plan om na Rusland te vlug nie. Hy het na bewering sy eerste verklaring gemaak sedert die val van Damaskus agt dae gelede. Hy sê terwyl die hoofstad aan rebelle geval het, hy na ‘n Russiese militêre basis in die provinsie Latakia gegaan om […]
Engeland deur Nieu-Seeland verneder - December 17, 2024
Nieu-Seeland het Engeland op die vierde dag van die derde en laaste toets in Hamilton met 423 lopies verpletter in een van hulle grootste toets-oorwinnings ooit. Die besoekers se teiken was 658, en ten spyte van Jacob Bethell se 76, was Engeland op 234 almal uit met Mitchell Santner wat in die tweede beurt vier […]
ECN betaal te min, sê sy kontrakte was foutief - December 17, 2024
Plaaslike berigte lui dat stukwerkers wat vir die Verkiesingskommissie tydens die stemmery gewerk het, nie betaal is volgens hulle kontrakte nie. Volgens New Era is hulle op 541 Namibiese dollar daagliks, van 9 November tot 6 Desember aangestel maar is net 512 dollar daagliks betaal. Volgens die kommissie-woordvoerder De Wet Siluka was daar ‘n fout […]
Tucna beywer vir beter wetstoepassing - December 17, 2024
Die misbruik van werkers, terwyl dit nie ‘n algemene tendens in Namibië is nie, kom steeds voor. Die Vakbondkongres van Namibië sê arbeidsregte moet versterk word en daar moet beter implementering en monitering van die regte van werkers en die Arbeidswet wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Tucna se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha gepraat.
Registrasie van spazawinkels in die Wes-Kaap uitgestel - December 17, 2024
Die Wes-Kaapse regering het die registrasiespertyd vir spazawinkels tot vroeg volgende jaar uitgestel om verligting aan eienaars te bied. Spazawinkels landwyd moet teen vandag geregistreer wees na president Cyril Ramaphosa se opdrag na ‘n skerp toename in voedselvergiftiging-gevalle. Roshede Muller van die Nasionale Informele Handelaaralliansie sê die alliansie steun die uitstel en benadruk die behoefte […]
Duitsland sal moet stem - December 17, 2024
‘n Mosie van wantroue in Kanselier Olaf Scholz van Duitsland het geslaag, twee maande nadat sy drieparty-koalisieregering in duie gestort het. Scholz het die self die mosie ingestel en het verwag dat hy dit gaan verloor sodat hy ‘n vroeë algemene verkiesing kan uitroep. Dit baan nou die weg vir ‘n verkiesing binne 60 dae, […]
Enkele plekke had bogemiddelde reënval in November - December 16, 2024
Die Namibië Meteorologiese Diens sê in sy jongste klimaatverslag dat aansienlike reënval in November meestal oor die noord-oostelike dele van die land aangemeld is. Bogemiddelde reënval is oor enkele plekke in die noordelike streke waargeneem, terwyl gemiddelde tot ondergemiddelde reënval oor die Kunene-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke waargeneem is. Gedurende Januarie tot […]