SA Christelike Forum vra noodtoestand oor spaza-kos
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die regering om ‘n noodtoestand af te kondig en alle spaza-winkels tydelik te sluit om kinders te beskerm en lewens te red te midde van die krisis weens besmette voedsel. Hulle eis ‘n nuwe lisensiëringsproses om strenger beheer te verseker, veral vir ongedokumenteerde winkeleienaars. Die president van die forum, […]
Japan lanseer wêreld se eerste houtsatelliet
Japan het die wêreld se eerste houtsatelliet, LignoSat, na die Internasionale Ruimtestasie gelanseer. Hierdie palmgrootte satelliet, wat Kyoto Universiteit en Sumitomo Forestry ontwikkel het, sal 400-kilometer bokant die aarde wentel en die duursaamheid van hout vir moontlike maan- en Mars-sendings toets. Die satelliet is gemaak van honoki-hout en LignoSat stel hiermee ‘n hernubare, lae-besoedelings-alternatief bekend […]
Wêreld-atleet van die jaar se finaliste aangekondig
Atletiek: Wêreld-atletiek het die finaliste aangekondig in elkeen van sy ses kategorieë vir Atleet van die Jaar. Botswana se Olimpiese kampioen in die 200-meter, Letsile Tebogo, is in die mans se baanatleet-kategorie benoem saam met Jakob Ingebrigtsen van Noorweë. Benoemings in die vrouekategorie sluit in die Olimpiese gouemedaljewenner in die 100-meter, Julien Alfred van Sint […]
Oud-ombud stem nie saam met geslagsgelykheid bevinding nie
Namibië word gereken as die mees geslagsgelyke land in Afrika. Volgens die Afrika-geslagsindeks 2023, vrygestel deur die Afrika Ontwikkelingsbank-groep, was die lande wat die hoogste telling in 2023 behaal het Namibië, Lesotho en Rwanda. Die verslag meet gelykheid in maatskaplike ontwikkeling, ekonomiese geleenthede, bemagtiging en verteenwoordiging. Gelykheid in bemagtiging en verteenwoordiging bestaan uit verteenwoordiging in […]
Kundiges moet Statistieke SA help met sensusdata – DA
Die DA sê Statistieke Suid-Afrika moet probleme met die sensusdata vir 2022 regstel deur betroubare akademici en kundiges te betrek. Hulle bepleit ‘n onafhanklike hersiening van die sensussyfers op belangrike terreine soos vrugbaarheid en inkomste, deur bestaande data vir groter akkuraatheid te gebruik. DA-woordvoerder Katherine Christie waarsku dat sonder korrekte sensusdata sal regeringsbeplanning en befondsing […]
Starmer verdubbel fondse teen mense-smokkelary
Britse Eerste Minister, Keir Starmer, sê Brittanje sal die 1,7-miljard Namibiese dollar verdubbel wat geoormerk is om bendes wat met mense smokkel, aan te pak. Die bykomende befondsing sal oor twee jaar, 3,4 miljard dollar bied vir Starmer se nuwe Grensveiligheidsinstelling, wat deel vorm van sy beleid om die aantal ongedokumenteerde migrante wat met klein […]
Lincoln-vlag, lok van Washington se hare op veiling
Terwyl die wêreld sy aandag op die Amerikaanse verkiesing vestig, sal presidensiële geskiedenisliefhebbers belangstel in ‘n veiling later die maand van items wat wissel van ‘n lok van George Washington se hare tot ‘n vlag wat Abraham Lincoln vergesel het tot sy laaste rusplek. Guernsey se veilingshuis in New York sê die vlag is op Lincoln […]
Unam-fooie moet teen 30 November betaal wees vir uitslae, registrasie
Die Universiteit van Namibië herinner studente dat die sperdatum vir uitstaande fooie 30 November 2024 is. Ingevolge universiteitsregulasies sal Unam eksamenuitslae vir studente met onbetaalde fooie weerhou, en registrasie vir 2025 sal nie toegelaat word vir diegene met uitstaande balanse nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam gepraat.
Boere het groot kommer oor dalende watertafels
Die Namibiese weerkantoor het die week gesê die reënseisoen kom aan en dat bogemiddelde reënval vir die sentrale en noordelike dele van die land vandeesmaand voorspel word. Boere in die Suide sal ondergemiddelde reënval ontvang. Boere in die noordwestelike dele, soos rondom Kamanjab het groot uitdagings op die oomblik maar, soos oud NLU-president en Kamanjab-boer […]
Galp belê ‘n kwart van sy begroting in plaaslike eksplorasie
Galp Energia het sy verbintenis tot Namibië se energiesektor herbevestig deur 2,3 miljard Namibiese dollar in olie- en gasprojekte gedurende die eerste nege maande van 2024 te belê. Namibië het na vore getree as ‘n fokuspunt vir Galp se strategiese stroomopbeleggings, en ontvang ‘n aansienlike deel van die maatskappy se totale begroting van 16,4 miljard […]