
Buitelanders nie meer welkom by Harvard - May 23, 2025
Die Amerikaanse Departement van Binnelandse Sake het die Harvard-universiteit se Studente- en Uitruil-besoekersprogram teruggetrek wat beteken die instelling mag nie buitelandse studente inskryf nie. Internasionale studente wat tans daar studeer, moet oorgeplaas word of hul regstatus verloor. Die Trump-administrasie eis reeds maande lank dat Harvard sy aanstelling-, toelating- en onderrigpraktyke verander om anti-Semitisme op die […]
Krieket: Indië se tienerkolwer haal span - May 23, 2025
Rajasthan Royals se superster-tienerkolwer, Vaibhav Suryavanshi, sal Indië op jeugvlak verteenwoordig nadat hy in die onder-19-groep ingesluit is vir ‘n multi-formaattoer na Engeland. Die 14-jarige het verlede maand die jongste kolwer geword om ‘n honderdtal in mans-T20’s aan te teken toe hy die mylpaal van slegs 35 balle bereik het met 11 sesse en sewe […]
Data toon toerisme blom weer - May 23, 2025
Sake vir Namibië se piek-toerismeseisoen lyk belowend met nasionale besettingskoerse wat steeds bó dié van pre-pandemievlakke bly. Verlede maand was bykans 60 persent van kamers in die gasvryheidsbedryf gevul, die hoogste syfer tot dusver vanjaar. Namibië se piekseisoen het vandeesmaand begin en duur tot September. In hul ontleding van die jongste syfers sê Simonis Storm […]
Regstelsel faal Kaapse Vlakte, sê DA - May 23, 2025
Die DA sê die wanfunksionele strafregstelsel laat gemeenskappe op die Kaapse Vlakte in Kaapstad in die steek, met ‘n skokkend lae skuldigbevindingskoers van vyf persent vir onwettige vuurwapensake. Volgens die party belemmer mislukkings met ondersoeke en vervolgings pogings om bendebedrywighede te beveg. Hulle beplan om die Nasionale Vervolgingsgesag na die Parlement te roep. Glynnis Breytenbach […]
Tyd teen hongersnood in Gaza loop uit - May 23, 2025
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku hy is in ʼn wedloop teen tyd om wydverspreide hongersnood in Gaza te voorkom. Die VN-spanne het meer as 90 vragmotors met humanitêre hulp gereed om na die Gazastrook te neem, dae nadat Israel ʼn blokkade van elf weke opgehef het. Die program se adjunkhoof, Carl Skau, het aan Al […]
Krieket: Engeland blink uit teen Zimbabwe - May 23, 2025
Ollie Pope het ‘n onoorwonne 169 vir Engeland aangeteken in hulle eerste beurt op die eerste dag van hulle eenmalige toets teen Zimbabwe by Trent Bridge. Engeland het teen uitskeityd 498 vir drie op die telbord gehad. Ben Duckett en Zak Crawley het ook met die kolf uitgeblink en onderskeidelik 140 en 124 aangeteken. Dit […]
Vakbonde kort jeugstem - May 23, 2025
Die afname van jeugbetrokkenheid by georganiseerde arbeid kom vandag tydens ‘n werksessie deur die Vakverbond van Namibië, Tucna, op Otjiwarongo onder die loep. Onder die tema, “Maak Vakbonde Werk vir Jongmense”, bring die sessie 30 jong leiers en kenners bymekaar om maniere te verken om vakbonde te moderniseer. Met ondersteuning van ITUC-Afrika is die fokus […]
Nasionale Rolbalweek begin môre in Windhoek - May 23, 2025
Rolbalspelers van oral in die land trek môre in Windhoek saam vir die Namibiese Rolbalvereniging se Nasionale Rolbalweek 2025. Wedstryde vind plaas by die rolbalklubs van Eros, Windhoek en Trustco United. Finale wedstryde word op 31 Mei by die Windhoek-rolbalklub naby die parlementstuine in die hartjie van die hoofstad plaas.
San-kinders uitgebuit met naakfoto’s, sê aktivis - May 23, 2025
Die skokkende geval van Brooks Roberts, ‘n Britse toeris wat na bewering 33 San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, lok steeds reaksie uit. Roberts het in die Grootfontein laerhof op 38 aanklagte verskyn en is borgtog geweier. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by maatskaplike aktivis, Ethne Mudge.
Namdia-saak vandag weer in hof - May 23, 2025
Joel Angula, ‘n verdagte in die opspraakwekkende Namdia-diamantrooftog, verskyn vandag weer in die landdroshof in Windhoek. Angula, ‘n veiligheidswag by Namdia, was aan diens toe die roof in Januarie vanjaar plaasgevind het en miljoene dollar se diamante gesteel is. Twee mense is tydens die rooftog doodgeskiet. Angula word van roof, moord, poging tot moord en […]