Hoe gemaak met mishandeling in die werkplek?

Sielkundige teistering soos beledigings, dreigemente, afknouery of intimidasie is die algemeenste vorm van werkplekmishandeling wêreldwyd, met ongeveer een uit elke ses mense wat sê dat hulle dit ervaar het. Weens jaareindmoegheid kan sommige werknemers moontlik hul emosies uitdruk deur ander af te jak, wat kollegas as afknouery kan beskou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met […]

Read More

NRU verduidelik Burger se aanstelling

Die legendariese Jacques Burger, oud-Windhoek Draught Welwitchias kaptein, is Namibië se nuwe direkteur van rugby. Hy volg die voormalige Springbok-afrigter Allister Coetzee op. Die Namibiese Rugby Unie se raad het Burger vir die posisie uitgekies. Hy het Namibië in drie rugby wêreldbeker-toernooie verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Petrie Theron, die president van die […]

Read More

/Khomanin-gemeenskap op pad na Staatshuis, VN

Die kantoor van die minister in die presidensie het ‘n uitnodiging gerig aan ‘n afvaardiging van die |Khomanin-gemeenskap vir ‘n vergadering volgende Dinsdag by Staatshuis. Dit volg op ‘n betoging deur die gemeenskap vanaf Baumgartsbrun, sowat 35 kilometer wes van Windhoek. Die gemeenskap het na die parlement opgeruk en ‘n petisie oorhandig aan landbouminister Calle […]

Read More

Namibia Critical Metals se omgewingsklaring vir Lofdal-projek is hernu

Namibia Critical Metals het die hernuwing van sy Omgewingsklaringsertifikaat vir mynaktiwiteite op Mynlisensie 200 aangekondig, wat die Lofdal Heavy Rare Earth-projek naby Khorixas dek. Dit laat die maatskappy toe om eksplorasie-, verwerkings- en mynaktiwiteite by Lofdal uit te voer en is geldig tot September 2027. Die Lofdal-projek is ‘n beduidende afsetting van die seldsame swaar […]

Read More

Unam se Katima-kampus kry moderne fasiliteite

Unam het moderne fasiliteite vir die Departement Natuurlewebestuur en Toerismestudies op sy Katima Mulilo-kampus ingewy. Duitsland se ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, het by die opening die belangrikheid om natuurlike hulpbronne te beskerm en om volhoubare toerisme te bevorder beklemtoon, as noodsaaklik vir die toekoms van die omgewing.

Read More

Zimbabwiërs in Namibië eis dat VSA sanksies teen Zim laat vaar

Zimbabwiërs wat in Namibië woon, doen ‘n beroep op die VSA om sanksies teen hul nasie vinnig te verwyder, met die argument dat dit onregverdig en skadelik is, veral vir gewone mense. Hulle voer aan dat sanksies finansiële probleme vererger het en ‘n humanitêre krisis aangevuur het. Die groep ondersteun ook kommunikasie met Amerika om […]

Read More

Boklam-pryse kan styg na einde van die jaar toe

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad het hul jongste vleispryse bekend gemaak. Premium A1-graad beesvleis haal plaaslik 88 Namibiese dollar per kilogram, terwyl uitvoerpryse vir topgrade effens laer is, teen tussen 61 dollar 75 sent en 63 dollar 25 sent per kilogram, wat beide binnelandse vraag en internasionale marktoegang ondersteun. Voerkontrakte bied aan boere stabiele pryse, wat […]

Read More

Prins William besing bioverskeidenheid

Prins William het vandag besoek afgelê by Seinheuwel in Kaapstad waar hy met Tafelbergpark-bestuurder, Megan Taplin, en die Earthshot-prys-ambassadeur, Robert Irwin, gesels het. Sy besoek vorm deel van die Earthshot-prys-jeugprogram, wat jong Afrika- en Suidoos-Asiatiese klimaatleiers saamvoeg om meer oor klimaataksie te leer. Die seremonie is beplan vir môre, en daar sal vyf wenners aangekondig […]

Read More

Minuut stilte voor UEFA-wedstryde vir Spaanse vloede

Sokker: Die Europese beheerliggaam, UEFA, sê daar sal ‘n minuut stilte gehandhaaf word, voor die begin van hierdie week se klubwedstryde, na verlede week se dodelike vloede in Valencia, Spanje. Meer as 200 mense is dood toe die streek binne agt ure meer as ‘n jaar se totale reënval gemeet het. Wedstryde in die Kampioeneliga […]

Read More

Namibia Berries verskaf werk vir duisende

Namibia Berries, ‘n 250-hektaar bessieplaas by Divundu in die die Kavango-Oos-streek, het sy eerste brame geoes en uitgevoer. Die projek word gelei deur Loxworth Capital, ‘n Kaapstad-gebaseerde waagkapitaalmaatskappy. Die projek het grootskaalse kommersiële produksie van bloubessies in 2021 begin. Die maatskappy het tans 800 permanente werkers en gebruik ook sowat 7 000 seisoenale werkers. Kosmos […]

Read More