Instandhoudingswerk veroorsaak onderbrekings in Windhoek

Die Stad Windhoek kondig beplande instandhoudingswerk aan wat inwoners in twee areas tydelik gaan beïnvloed. Daar sal ‘n watertoevoer-onderbreking wees in Wanaheda vandag vanaf agt-uur die oggend tot half-vyf die middag. Die Elisenheim leefstyl-gebied kom Donderdag aan die beurt met ‘n geskeduleerde krag-onderbreking vanaf agt-uur die oggend tot een-uur, weens werk wat aan die Nubuamis […]

Read More

Kinderarbeid wek kommer in SA, veral in landelike gebiede

Die buurland se arbeidsminister, Thulas Nxesi, sê armoede en beperkte toegang tot onderwys in landelike boerderygemeenskappe, noodsaak sommige kinders om te werk. Daar is ʼn beduidende getal minderjariges wat werk, veral in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Nxesi het na hierdie kwelpunt verwys tydens die bekendstelling van die Voorkoming en Uitskakeling van Kinderarbeid in Sandton, en […]

Read More

Amper twee-derdes van VSA motorwerkers aanvaar aanbod

Die Verenigde Motorwerkers-vakbond in Amerika sê dat 63 persent van werkers by die Detroit Drie-motorvervaardigers gestem het om nuwe rekord-kontrakte te bekragtig na ‘n ses-weke geteikende staking. Die vakbond vestig nou sy aandag op die organisering van werkers by motoraanlegte in buitelandse besit en Tesla. Die kontrakte sluit in ‘n verhoging van 25 persent in […]

Read More

Damme begin bodem sien

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 26 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 16,4 persent na water van Swakoppoort, wat op 51 persent staan, oorgedra is. Omatako is steeds leeg. In die Suide is Hardap op 23,5 persent met 1,1 miljoen kubieke […]

Read More

Erfreg diskrimineer teen vroue: Schlettwein

Histories is erfenis in Namibië deur ‘n dubbele stelsel gereguleer met die effek dat ‘n persoon se boedel verdeel kan word óf in terme van siviele óf gewoontereg, met ras as die bepalende faktor. Onder siviele reg erf die oorlewende eggenoot en kinders van die oorledene wanneer daar nie ‘n testament is nie, maar hulle […]

Read More

Oorvol tronke kort hervormings

Die Suid-Afrikaanse Gevangenes-organisasie vir Menseregte het kommer uitgespreek oor die aanhoudende uitdaging rondom oorbesetting in tronke. Die huidige bevolking in die buurland se tronke is meer as 212 000, en die stigter van die organisasie, Golden Miles Bhudu, spreek kommer uit oor gevangenes se gesondheid en sekerheid. Bhudu skryf hierdie kwessies toe aan voortdurende personeeltekorte […]

Read More

Wêreld ‘moenie fokus op Oekraïne verloor’

President Volodymyr Zelenskiy het Fox Corp se uitvoerende hoof, Lachlan Murdoch, in die Oekraïense hoofstad ontmoet in wat Kyiv sê ‘n “baie belangrike teken” van ondersteuning is terwyl wêreldwye media-aandag van die oorlog in die Oekraïne verskuif het. Media-titaan Rupert Murdoch se oudste seun is ‘n leidende figuur in die media met ‘n Amerikaanse Republikeinse […]

Read More

Geloofsektor takel geslagsgeweld

Die organisasie Faith Action to End GBV Collective, het ‘n mobiliserings-veldtog begin weens die kommerwekkende misdaadstatistiek in Suid-Afrika. Tydens die tweede kwartaal is meer as 10 000 verkragtingsvoorvalle aangemeld waarby vroulike slagoffers betrokke was, ondanks ‘n vermindering van 35,9 persent in seksuele misdrywe. Geloofsleiers en gemeenskappe wat aan die veldtog deelneem, beloof om geslagsgeweld te […]

Read More

Moenie onwettige brandstof koop nie!

Die energie-ministerie sê hy is uiters bekommerd oor advertensies op sosiale media wat groothandel- en kleinhandel brandstoflisensies te koop aanbied. Brandstof word ook so bemark teen pryse wat nie amptelik in die Gazette gepubliseer is nie, dikwels vanaf plekke wat nie die nodige lisensiëring het nie. Die ministerie sê net hy is bemagtig om brandstof […]

Read More

Visserye, Finansies sit stokvis-tender uit

Die visserye-ministerie en die finans-ministerie adverteer gesamentlik ‘n tender vir die vang van 5 000 ton stokvis. Die ministerië verwys na die Mariene Hulpbronne Wet van 2000, wat voorsiening maak vir die staat om mariene hulpbronne te gebruik of te oes om enige sosio-ekonomiese, kulturele of ander doelwitte van die regering te bevorder. Die sluitingstyd […]

Read More