‘SA het ‘n probleem met landelike veiligheid’  - May 22, 2025

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ʼn probleem met landelike veiligheid. Hy sê kleinskaalse boere waarvan baie swart is, word lukraak geraak. Steenhuisen was Woensdag by die Withuis deel van die ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president Donald Trump. In reaksie op die video van die EFF-leier Julius Malema wat […]

Read More

Dodelike aanval by Joodse museum in Washington  - May 22, 2025

Twee personeellede van die Israeliese ambassade is Woensdagaand buite ‘n geleentheid by die Capital Jewish Museum in Washington doodgeskiet. ‘n Man is buite die museum gesien rondloop voordat hy losgebrand het en ‘n man en ‘n vrou getref het. Die vermeende aanvaller het “bevry Palestina” geskree terwyl hy in hegtenis geneem is. 

Read More

Sokker: Tottenham wen Europese Liga  - May 22, 2025

Tottenham Hotspur het Manchester United in Bilbao, Spanje, met 1-0 geklop om die Europese Liga-eindstryd te wen. Brennan Johnson se doel in die eerste helfte was bepalend en Tottenham het hul eerste trofee in 17 jaar gewen. Met hul sege in die Europese Liga, kwalifiseer Ange Postecoglou se manne vir volgende seisoen se Kampioeneliga. United sal vir die […]

Read More

Nanso wil skoolkinders help beskerm  - May 22, 2025

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van kinders by skole te verseker en geslagsgebaseerde geweld landwyd te takel. Dit volg ná ‘n vlaag moorde en aanvalle onlangs op leerders op Okahandja. Die veldtog, onder die vaandel #ProtectingTheNamibianChild, begin môre amptelik op dié dorp. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Hoop vir Musk se Starlink-drome  - May 22, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die moontlikheid dat Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika kom, is nie Woensdag tydens die ontmoeting met president Donald Trump van Amerika bespreek nie. Die regering beplan om wette oor plaaslike swart eienaarskap te omseil sodat die Starlink-internetdiens in die land gebruik kan word. Ramaphosa het aan die media gesê hulle […]

Read More

VN se Guterres vra vir harmonie met natuur  - May 22, 2025

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat die verlies aan biodiversiteit ‘n wêreldwye krisis is wat geen land kan ignoreer nie. Vandag is Internasionale Biologiese Diversiteitsdag met die tema, harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling. ‘n Miljoen spesies staan die gevaar om uitgewis te word terwyl menslike aktiwiteite 75 persent van landelike […]

Read More

Rugby: Dis vasvattyd vir die Bokke!  - May 22, 2025

Die Springbokke begin vandag hul tweede en laaste belyningskamp vir die internasionale seisoen in Kaapstad. Altesaam 36 spelers sal die kamp fisies bywoon, en 18 oorsese spelers sal virtueel aansluit. Suid-Afrika se eerste toets van die jaar is op 28 Junie teen die Barbarians in Kaapstad. Dit word gevolg word deur toetse teen Italië in […]

Read More

NR roep hokaai met hookah  - May 22, 2025

Lede van die Nasionale Raad wil ‘n algehele verbod op hookah-pype en vapes in Namibië hê en het ‘n beroep op die regering gedoen om die wetgewing op die beheer van tabakprodukte te hersien. Die stap volg op besoeke aan die Hardap-, Khomas- en Erongo-streke laas Augustus. Volgens die Nasionale Raad is die gebruik van […]

Read More

SA-soldate in DRK more oor toelae  - May 22, 2025

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die DRK ontplooi is, na bewering slegs 34 000 rand per maand ontvang het. Dít ten spyte daarvan dat […]

Read More

Selfdoodaanval op skoolbus in Pakistan  - May 22, 2025

Drie leerders en twee volwassenes is dood, en minstens 38 mense gewond in ‘n selfdoodaanval op ‘n skoolbus in die suidweste van Pakistan. Amptenare sê die jongste aanval beklemtoon die verslegtende veiligheidsituasie in die gebied. Die ontploffing in Khuzdar in die provinsie Balochistan het ‘n skoolbus met militêre amptenare se kinders geteiken. Pakistan se Weermag […]

Read More