Ouers vuur korrupsie in skole aan

Die jongste Afrobarometer opname toon dat ouers korrupsie in skole aanvuur. Die peiling toon dat 13 persent van ouers in Namibië omkoopgeld sal betaal om die nodige dienste by staatskole te bekom terwyl 16 persent sê dat onderwys ‘n prioriteitsprobleem in die land is. In die land het 46 persent van volwassenes sekondêre opleiding terwyl […]

Read More

Haatspraak-saak teen Malema vorder

ʼn Professor aan die Noordwes-Universiteit en linguistiek-kenner, Karien van den Berg, het in die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se haatspraaksaak teen die EFF-leier Julius Malema getuig. Die saak het in die Gelykheidshof in Kaapstad begin en hou verband met Malema se opmerkings by die party se nasionale vergadering in die Wes-Kaap in Oktober 2020. AfriForum se woordvoerder, […]

Read More

Gaza: Guterres bepleit respek vir menseregte

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het gewaarsku dat ‘n volskaalse Israeliese offensief op Rafah die einde kan beteken van VN-gedrewe humanitêre hulp aan die mense van Gaza. Humanitêre hulp aan Gaza is in Februarie met 50-persent verminder vergeleke met Januarie, as gevolg van struikelblokke soos die gereelde sluiting van deurgange en gevaarlike […]

Read More

Everton appelleer suksesvol

Everton se 10 punte wat afgetrek is omdat hy die Premierliga se winsgewendheid- en volhoubaarheidsreëls oortree het, is ná hulle appèl tot ses verminder. Die Engelse klub is in November verlede jaar gestraf nadat bevind is hulle het toegelate verliese oorskry met die assessering van die tydperk tot en met die 2021-2022-seisoen. Na die verlaging […]

Read More

Ouers moet kinders oor sosiale media oplei

Social Kids ZA doen ‘n beroep op ouers om hul kinders, onder die ouderdom van 11, pro-aktief op te voed oor die risiko’s en gevare verbonde aan digitale media. Hierdie veldtog volg op die toenemende voorkoms van kinders wat by digitale platforms betrokke raak sonder ‘n volle begrip van die potensiële risiko’s. Die stigter van […]

Read More

Rundu loop deur onder skoolseun-bendes

Die toenemende misdaad in die Kavango-Oos-streek, veral in Rundu, is kommerwekkend. Rundu het ‘n miernes geword van skoolseun-bendes wat inwoners van hul besittings beroof. Diegene wat hulle teenstaan, loop die risiko om met messe gesteek te word. Daar word gesê dat hierdie tieners, tussen 13 en 18 jaar oud, die strate van Rundu regeer en […]

Read More

Speaker moet sekretaris se 70% salarisverhoging verduidelik

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet teen volgende week inligting verskaf oor die Sekretaris van die Parlement se salaris. Dit volg ná berigte dat sy Xolile George se salaris eensydig met 70 persent verhoog het sonder om politieke partye in te lig. Die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en […]

Read More

9 000 Suid-Koreaanse dokters gewaarsku oor staking

Die regering van Suid-Korea maan sowat 9 000 stakende dokters om teen die einde van die maand terug te keer werk toe of met regsgevolge te doen te kry, wat insluit die opskorting van hulle mediese lisensies. Hulle staak teen regeringsplanne om die aantal dokters in die stelsel te vermeerder. Saamtrekke is in Seoel gehou, […]

Read More

Andy Murray sê sy tyd op die baan is min

Die driemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray, het bespiegel dat sy loopbaan as tennisspeler nog net ʼn paar maande kan duur. Die Brit wat aanvanklik ʼn stel agter was, het teruggeveg en die Kanadees Denis Shapovalov met 4-6, 7-6 en 6-3 verslaan in die eerste ronde van die Dubai-kampioenskap. Dis sy 500ste toervlak-sege op ʼn harde […]

Read More

Hou duim vas dat voorspelling vir reën hou

Weerkenner George van der Merwe kyk na wat die weer hierdie week gaan doen. Hy sê Namibië ondergaan tans ‘n kouefront effek wat veroorsaak dat daar koue lug oor die land beweeg. Hy gee die weer-vooruitsigte vir die res van die week en sê beter reën kan van môre af verwag word oor die grootste […]

Read More