Data toon toerisme blom weer  - May 23, 2025

Sake vir Namibië se piek-toerismeseisoen lyk belowend met nasionale besettingskoerse wat steeds bó dié van pre-pandemievlakke bly. Verlede maand was bykans 60 persent van kamers in die gasvryheidsbedryf gevul, die hoogste syfer tot dusver vanjaar. Namibië se piekseisoen het vandeesmaand begin en duur tot September. In hul ontleding van die jongste syfers sê Simonis Storm […]

Read More

Regstelsel faal Kaapse Vlakte, sê DA  - May 23, 2025

Die DA sê die wanfunksionele strafregstelsel laat gemeenskappe op die Kaapse Vlakte in Kaapstad in die steek, met ‘n skokkend lae skuldigbevindingskoers van vyf persent vir onwettige vuurwapensake. Volgens die party belemmer mislukkings met ondersoeke en vervolgings pogings om bendebedrywighede te beveg. Hulle beplan om die Nasionale Vervolgingsgesag na die Parlement te roep. Glynnis Breytenbach […]

Read More

Tyd teen hongersnood in Gaza loop uit  - May 23, 2025

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku hy is in ʼn wedloop teen tyd om wydverspreide hongersnood in Gaza te voorkom. Die VN-spanne het meer as 90 vragmotors met humanitêre hulp gereed om na die Gazastrook te neem, dae nadat Israel ʼn blokkade van elf weke opgehef het. Die program se adjunkhoof, Carl Skau, het aan Al […]

Read More

Krieket: Engeland blink uit teen Zimbabwe  - May 23, 2025

Ollie Pope het ‘n onoorwonne 169 vir Engeland aangeteken in hulle eerste beurt op die eerste dag van hulle eenmalige toets teen Zimbabwe by Trent Bridge. Engeland het teen uitskeityd 498 vir drie op die telbord gehad. Ben Duckett en Zak Crawley het ook met die kolf uitgeblink en onderskeidelik 140 en 124 aangeteken. Dit […]

Read More

Vakbonde kort jeugstem - May 23, 2025

Die afname van jeugbetrokkenheid by georganiseerde arbeid kom vandag tydens ‘n werksessie deur die Vakverbond van Namibië, Tucna, op Otjiwarongo onder die loep. Onder die tema, “Maak Vakbonde Werk vir Jongmense”, bring die sessie 30 jong leiers en kenners bymekaar om maniere te verken om vakbonde te moderniseer. Met ondersteuning van ITUC-Afrika is die fokus […]

Read More

Nasionale Rolbalweek begin môre in Windhoek - May 23, 2025

Rolbalspelers van oral in die land trek môre in Windhoek saam vir die Namibiese Rolbalvereniging se Nasionale Rolbalweek 2025. Wedstryde vind plaas by die rolbalklubs van Eros, Windhoek en Trustco United. Finale wedstryde word op 31 Mei by die Windhoek-rolbalklub naby die parlementstuine in die hartjie van die hoofstad plaas. 

Read More

San-kinders uitgebuit met naakfoto’s, sê aktivis - May 23, 2025

Die skokkende geval van Brooks Roberts, ‘n Britse toeris wat na bewering 33 San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, lok steeds reaksie uit. Roberts het in die Grootfontein laerhof op 38 aanklagte verskyn en is borgtog geweier. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by maatskaplike aktivis, Ethne Mudge.

Read More

Namdia-saak vandag weer in hof - May 23, 2025

Joel Angula, ‘n verdagte in die opspraakwekkende Namdia-diamantrooftog, verskyn vandag weer in die landdroshof in Windhoek. Angula, ‘n veiligheidswag by Namdia, was aan diens toe die roof in Januarie vanjaar plaasgevind het en miljoene dollar se diamante gesteel is. Twee mense is tydens die rooftog doodgeskiet. Angula word van roof, moord, poging tot moord en […]

Read More

Bulpryse vir beesvleis - May 23, 2025

Die nuutste vleispryse is vrygestel. AMT het hulle ontleding gedoen en het baie te sê oor die Namibiese vleisbedryf. Die AMT YouTube-kanaal het ‘n volledige video van die pryse. Die landbou-ekonoom Johan Teessen bespreek die beespryse. Kosmos 94.1 Nuus is ‘n trotse borg van die AMT-vleispryse en weervoospellings.

Read More

Word ‘n stamselskenker en red lewens! - May 23, 2025

Die registrasieveldtog vir stamselskenkers duur vandag voort by die Independence Plaza in die middestad van Windhoek. Vrywilligers kan van 08:00 tot 13:00 by La Vie Café registreer. Die veldtog word deur Luminous Expeditions gedryf, in samewerking met die Kankervereniging van Namibië en die Namibiese Onkologiesentrum. Namibië het tans 800 geregistreerde stamselskenkers. 

Read More