Macron vra Europa om saam te staan na Trump se verkiesing

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê hy en Duitsland se kanselier, Olaf Scholz, gaan hulle bewyer vir ‘n meer verenigde, sterker en soewereine Europa nadat Donald Trump die Amerikaanse verkiesing gewen het. Talle lande in die Europese Unie was skrikkerig oor die vooruitsig omdat Trump gedreig het om NAVO om te keer, ‘n vinnige ooreenkoms […]

Read More

Engelse skeidsregter vat fluitjie in Bokke vs Skotland

Rugby: Die Engelse skeidsregter, Christophe Ridley, dra die fluitjie wanneer die Springbokke Sondag op Murrayfield teen Skotland speel. Hy word bygestaan deur sy landgenoot, Luke Pearce en Craig Evans van Wallis. Die Australiër Nic Berry hanteer Vrydagaand se verwagte bulstryd tussen Ierland en die All Blacks in Dublin. Nieu-Seelander Ben O’Keeffe is Saterdag die 31ste […]

Read More

Gesondheidministerie in Harare vir belangrike vergadering

Die gesondheidministerie neem deel aan die gesamentlike vergadering van gesondheidministers en ministers verantwoordelik vir MIV en Vigs in Harare, Zimbabwe. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, woon die vergadering môre by. Nangombe het in ’n onderhoud uiteengesit wat die vergadering gaan behels.

Read More

Oliepryse steeds veranderlik: SA ekonoom

‘n Senior ekonoom van FNB Koketso Mano sê die bedreiging van leweringsontwrigtings en geopolitiese konflik in die Midde-Ooste hou steeds oliepryse veranderlik. ‘n Verhoging in brandstofpryse word in November verwag na vyf maande van agtereenvolgende verlagings. Die binnelandse prys van 95 loodvrye brandstof sal met 25-sent per liter styg, terwyl die kleinhandelprys van diesel min […]

Read More

Oekraïne kry dalk minder VSA steun onder Trump

Die herverkiesing van Donald Trump as die 47ste Amerikaanse president, kan beteken Oekraïne sal binnekort ‘n vermindering in Amerikaanse steun ervaar wat ‘n beslissende uitwerking op die oorlog met Rusland kan hê. Trump en sy verkiesingsmaat, JD Vance, het dwarsdeur sy veldtog sterk twyfel uitgespreek oor die voortgesette Amerikaanse verbintenis tot Kiëf. Trump het ook […]

Read More

91 SA spelers in veiling vir IPL

Krieket: Suid-Afrika is die land met die tweede meeste aantal spelers in die veiling vir volgende jaar se Indiese Premierliga. Indië het 1 165 spelers geregistreer en Suid-Afrika 91. Onder die beskikbare Suid-Afrikaners is Quinton de Kock, Faf du Plessis en Aiden Markram. ʼn Verrassende weglating tussen die een-duisend-574 name is die Engelse kaptein, Ben […]

Read More

Stem vir Namibië se skoonhede!

Namibiese skoonheidskoninginne is binnekort op die wêreldverhoog om aan internasionale skoonheidskompetisies deel te neem. Miss Earth Namibia Albertina Haimbala, is in die Filippyne om op 9 November aan Miss Earth 2024 deel te neem. Mej. Namibië 2023 Prisca Anyolo sal die land van 14 tot 16 November by Miss Universe in Mexikostad verteenwoordig. Kosmos 94.1 […]

Read More

Muurbal se PSA BDO Namibiese Ope 2024 maak geskiedenis

Namibië maak gereed om die PSA BDO Namibiese Ope 2024 aan te bied, die grootste en mees gesogte muurbaltoernooi in sy geskiedenis. Die toernooi bied 157 590 Namibiese dollar in prysgeld vir die PSA-afdeling en totale prysgeld van 200 000 dollar oor alle afdelings. Altesaam 31 internasionale mededingers sal by 60 plaaslike spelers aansluit. Die […]

Read More

STAS, Afrika-unie kompak sal sukkelende boere ondersteun

Die landbouministerie, in vennootskap met belanghebbendes in die landbou-voedselsektor, het sy eerste Nasionale Landbou-beleggingsplan, ook bekend as die Strategie vir die Transformasie van die Landbousektor, of STAS, bekendgestel. Die Afrika-unie se omvattende Afrika-landbou-ontwikkelingsprogram kompak, CAADP, is ook onderteken. Die kompak is Afrika se beleidsraamwerk vir landboutransformasie, welvaartskepping, voedsel- en voedingsekerheid, en ekonomiese groei. Adolf Muremi, […]

Read More

Herrie oor uitstel van Hosea Kutako Heiligdom

Die onthulling van hoofman Hosea Kutako se Gedenkmuseum en Plaashuis-Heiligdom, wat aanvanklik vir Vrydag in Toasis in die Aminuis-kiesafdeling geskeduleer was, is tot 10 Desember uitgestel. Dit kom ná omstredenheid oor die beweerde uitsluiting van sommige van hoofman Kutako se afstammelinge van die geleentheid. Familiewoordvoerder Kejamuina Mungendje het beweer dat die kantoor van die president […]

Read More