
LPM-lid van Nasionale Raad uiters omgeëllie oor Suidwes-Afrika - May 14, 2025
Landless People’s Movement-lid van die Nasionale Raad en Rehoboth-raadslid Harald Kambrude sê toeroperateurs moet ophou om die land se apartheidsnaam, Suidwes-Afrika te gebruik, of nie hierheen kom nie. Hy het tydens ‘n bespreking van die padwetsontwerp in die Nasionale Raad gepraat. Kambrude sê toeriste prys dikwels die land se goeie paaie op sosiale media, maar […]
Efundja sak terug in Omusati, goewerneur sê oor jongste - May 14, 2025
Onlangse oorstromings in die Omusati-streek weens ‘n hoë efundja het die daaglikse lewe grootliks ontwrig en toegang tot skole, klinieke, besighede en ander noodsaaklike dienste afgesny. Verskeie paaie was onbegaanbaar, wat noodreaksiepogings bemoeilik het. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, wat ‘n opdatering gee.
Internasionale Atoomenergie-agentskap ondersteun Afrika se kern doelwitte - May 14, 2025
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê terwyl kernkrag in Afrika uitbrei, ondersteun hy lande wat die nodige infrastruktuur ontwikkel vir veilige kernenergie. Suid-Afrika wat Koeberg, die vasteland se enigste kernkragaanleg bedryf, wil 2 500 megawatt nuwe kapasiteit byvoeg. Egipte bou sy eerste aanleg wat uit vier groot reaktors sal bestaan. Die agentskap sê lande soek skoon en […]
Zelensky sê hy wag vir Putin môre - May 14, 2025
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê hy is beskikbaar vir regstreekse vredesgesprekke met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, tydens sy besoek môre aan Turkye, waar hy president Recep Tayyip Erdogan sal ontmoet. Zelensky sê die enigste manier om ‘n skietstilstand en ‘n einde aan die oorlog te verseker, is deur regstreekse gesprekke met Putin. Hy […]
Sirië juig met opheffing van VSA-sanksies - May 14, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy gaan die sanksies ophef wat meer as ʼn dekade gelede teen Sirië ingestel is. Na hy die aankondiging in Riaad in Saoedi-Arabië het gemaak het, het duisende Siriërs feesgevier in die strate van Damaskus. Die sanksies is as een van die grootste struikelblok vir die nuwe Siriese regering […]
Lüderitz se watertoevoer en infrastruktuur onder die loep - May 14, 2025
Lüderitz het môre tussen 8-uur en 3-uur ‘n geskeduleerde wateronderbreking weens dringende herstelwerk aan die dorp se belangrikste watertoevoerpyp. Volgens NamWater kan lae waterdruk tot volgende week verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die dorpsraad se segsman, Elwin !Gaoseb, wat meer inligting gee. !Gaoseb verduidelik hoe hulle die dorp se verwagte uitbreiding en […]
Angola meld amper 20 000 cholera-gevalle aan - May 14, 2025
Cholera het reeds meer as 600 sterftes in Angola veroorsaak sedert die begin van die jaar, met 19 605 gevalle geregistreer en 18 provinsies wat deur die uitbrekings geraak is. Die land se gesondheidsministerie sê net in die afgelope 24 uur is sewe sterftes en 221 nuwe infeksies aangeteken. Daar is ook in die tydperk […]
Orania se Strydom gesels met Gaetz in VSA - May 14, 2025
Die uitvoerende hoof van Orania Joost Strydom het met Matt Gaetz op One America News gepraat oor kommer oor kommunisme en sê skole en myne is reeds genasionaliseer. Alhoewel Suid-Afrika se mynwese-wet mineraalregte onder staatsbeheer gebring het, kom dit nie neer op nasionalisering in die sin dat die regering die myne direk besit en bedryf […]
Spieth mik negende keer vir loopbaan-Grand Slam - May 14, 2025
Jordan Spieth probeer hierdie week in die PGA-toernooi die negende keer om ’n loopbaan-Grand Slam te voltooi. Hy put inspirasie uit Rory McIlroy wat onlangs dié prestasie behaal het. Spieth het in 2022 laas ‘n toernooi gewen het. Hy het in Augustus verlede jaar ‘n gewrigs-operasie ondergaan en glo hy het dié week ‘n kans […]
DNS het niks met Hengari-saak uit te waai nie – Imalwa - May 14, 2025
Die kantoor van die aanklaer-generaal sê DNS-resultate is nie relevant vir die huidige saak rakende die voormalige landbouminister, Mac-Albert Hengari, nie. Plaaslike media berig dat in ‘n brief sê die kantoor dat hy nie in hegtenis geneem of aangekla is in verband met verkragtingsbewerings nie. Die kantoor het ook verduidelik dat hulle geen DNS-resultate ontvang […]