Jongmense stel minder in nuus belang
Jongmense in die land se belangstelling in nuus is besig om vinnig af te neem. Dit is volgens die jongste verslag oor die lewensvatbaarheid en groei van die media in Namibië, wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing in die hoofstad bekendgestel is. Die navorsing is gedoen om vas te stel watter uitdagings en geleenthede die Namibiese tradisionele nuusmedia in die gesig staar. Dit afname kan toegeskryf word aan nuusmoegheid of ‘n verskeidenheid ander faktore. Kosmos 94.1 Nuus het met die outeur van die verslag, Dietrich Remmert, gepraat wat meer deel.