Jong parlementslid stem nie saam met peiling oor jeug

Die jong parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu stem nie saam met die jongste Afrobarometer-peiling nie. Volgens die peiling glo die meeste Afrikane dat die jeug se menings nie veel gewig dra nie en dat die siening van senior lede van die gemeenskap en ouderlinge hoog geag word. Sestig persent van Afrikane meen ouderlinge se raad is beter met net 38 persent van respondente wat sê jongmense se idees in belangrik. In Namibië is die syfer hoër op 46 persent wat meen die jeug se insette moet aandag geniet. Respondente sonder formele skoling en vroue was die minste geneig om na die jeug te luister. Mootu gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.