Afname in verkragtings in SA

Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, sê die SAPD sal voortgaan om geslagsgeweld-misdade voorop te stel. Die minister het onthul daar is meer as 11 000 geslagsgeweld- en moordsake in die land aangemeld. Hy het verder genoem daar is ‘n afname in die aantal verkragtingsake, maar sê ten spyte hiervan het Noordwes en die Noord-Kaap toenames aangeteken. Cele het die media ingelig oor die misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2022/2023-boekjaar.