Stad Windhoek en NV soek ekonomiese stimulasie in hoofstad  

Stad Windhoek sal ‘n toer deur die sentrale sakekern en winkelsentrums in die stad fasiliteer vir die lede van die Nasionale Vergadering se parlementêre staande komitee oor ekonomie en publieke administrasie. Die doel is om die impak van Covid-19 op die plaaslike ekonomie, insluitend kleinhandelsektore in die sentrale sakekern en verskeie winkelsentrums in Katutura en Khomasdal, waar te neem. Die burgemeester van Stad Windhoek, Sade Gawanas, wat die toer sal lei, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal ‘n geleentheid wees om maniere van ekonomiese stimulasie in die stad te soek.