Jones soek beter vertoning van sy span

Engeland se afrigter, Eddie Jones, sê hy verwag ‘n beter vertoning van sy span wanneer hulle Saterdag teen Japan op Twickenham te staan kom. Engeland het die afgelope naweek naelskraaps, met 30-29, teen Argentinië verloor. Die twee spanne sal mekaar weer in September volgende jaar die stryd aansê, in hulle openingswedstryd van die Rugby Wêreldbeker-toernooi. Jones sê die span sal spel moet ontwikkel en taktiek moet afwissel as hulle beter wil vaar as in 2019, toe Engeland in die eindstryd teen Suid-Afrika verloor het.