Oudpolisie in Zim ingeroep, gewapende rooftogte buite beheer

Misdaad neem oral in die streek toe en Zimbabwe blyk om ook  deur te loop. Berigte lui dat afgetrede polisiebeamptes en soldate ‘n terugkeer maak en werk op die oomblik vir privaat sekuriteitsmaatskappye terwyl gewapende rooftogte in die land buite beheer raak. Die land se polisiemag is ook onderbefonds. Die Zimbabwe statistieke agentskap, Zimstats, sê dat daar tussen 2020 en 2021 ‘n gemiddeld van 25 gewapende rooftogte per dag in die land was. Volgens Zimstats was daar sedert Januarie vanjaar ‘n toename van 9 persent in rooftogte.