Afrika-streekskonferensie vir toerisme groot prestasie vir Namibië

Windhoek gaan vanaf 14 tot 16 Junie gasheer speel vir die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme-organisasie se Afrika-streekskonferensie wat ook deur die Sekretaris-Generaal van die WTO bygewoon sal word. Die sowat 150 verteenwoordigers sluit in toerismeministeries van regoor Afrika, toerisme-organisasies, bestemmingsbestuurders en klein en medium ondernemings. Namibiese vryskuttoergids Joseph Kafunda vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ‘n groot prestasie vir die Namibiese toerismebedryf is en Namibië as bestemming sal bemark.