Biden sê hy sal oor Khashoggi in Saoedi praat

Die Amerikaanse President Joe Biden, sê sy standpunt oor die moord op die joernalis Jamal Khashoggi is duidelik en hy sal nie sake oor menseregte vermy wanneer hy vandag die Saoedi-Arabiese kroonprins Mohammed bin Salman ontmoet nie. Die Amerikaanse intelligensiedienste het verlede jaar tot die slotsom gekom dat Mohammed bin Salman die moord op Khashoggi in 2018 in die Saoediese konsulaat in Istanboel goedgekeur het. Biden het beloof om Saoedi-Arabië ‘n uitgeworpene te maak weens Khashoggi se moord. Die president het bygevoeg sy besoek aan Saoedi-Arabië is ook om Amerikaanse belange te bevorder.