Jonas verskyn weer vandag in Swakop

Die Namibiese Olimpiese bokser Jonas Junias Jonas verskyn weer vandag in die landdroshof op Swakopmund nadat hy op 16 April in hegtenis geneem is. Hy is uiteindelik op 19 April aangekla van poging tot moord nadat hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Die man is volgens die owerhede in Erongo oorgeplaas na ‘n Windhoek hospitaal vir mediese behandeling. Intussen het die polisie aan die kus bevestig die man is sedertdien ontslaan. Jonas is sedert sy arrestasie in aanhouding.