Trump stig eie platform

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het sy eie kommunikasie-platform geskep en van stapel gestuur. Die platform, ‘From the Desk of Donald J. Trump’ is op ‘n webtuiste donaldjtrump.com/desk beskikbaar. Die platform laat Trump toe om weer op die internet te kommunikeer en laat mense toe om die plasings op Facebook en Twitter te deel. Intussen sal Facebook vandag sy besluit oor sy verbod op Trump bekendmaak. Trump is na die gebeure van 6 Januarie verbied om Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, en Snapchat te gebruik.