Ouma bedrieg uit N$107 000

Polisie in die Omusat-streek ondersoek ‘n saak van bedrog nadat ‘n 60-jarige pensioenaris net minder as 107 500 Namibiese doller verloor het. Volgens owerhede het 3 verdagtes, geklee soos polisie Vrydag by haar huis in die Oshilulu nedersetting in Okahao aangeklop. Die 3 het haar gedwing om dokumente te onderteken en haar identiteitsdokument, bankkaart, selfoon en kontant aan hulle te oorhandig. Volgens berigte het hulle die kontant uit haar rekening getrek. Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.