Jonas sal nie verskyn nie, hof gesluit weens Covid

Jonas Junias Jonas sal nie vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn nie. Die hof is volgens berigte gesluit as gevolg van Covid-19. Talle sake is uitgestel en dit is nie duidelik wanneer presies Jonas sy tweede verskyning sal maak nie. Jonas is op 19 April aangekla van poging tot moord nadat hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Die man is volgens die owerhede in Erongo oorgeplaas na ‘n Windhoek hospitaal vir mediese behandeling. Intussen het die polisie aan die kus bevestig die man is sedertdien ontslaan. Jonas is sedert sy arrestasie op 16 April in aanhouding.