Johnson en Johnson inentings hervat in SA

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het bevestig dat inentings met Johnson en Johnson se Covid-19 entstof ingevolge die Sisonke-program Woensdag gaan hervat. Die land het die gebruik van die entstof tydelik gestaak toe ses vroue in die Verenigde State seldsame bloedklonte ontwikkel het nadat hulle daarmee ingeënt is. Mkhize sê hulle hervat die Johnson en Johnson-inentings ná ‘n aanbeveling deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte: