Staatsamptenare sal staak in buurland

Die meer as 235 000 lede van die Vereniging vir Staatsamptenare in Suid-Afrika is aangesê om hulle vir ‘n staking voor te berei na samesprekings oor loonverhogings met die buurland se regering op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die regering het ‘n nul-persent aanbod gemaak, en bied ‘n lewenskoste-aanpassing in die plek daarvan aan. ‘n Woordvoerder van die vereniging, Rueben Maleka, sê die buurland se regering se voorstel kom op niks meer as die verskuiwing van fondse neer nie en staatsamptenare is geregtig op behoorlike salarisverhogings. Hy sê hulle gaan staak om ordentlike verhogings te verseker en bestaande en onderhandelde voordele te beskerm.