Rugby: Morné Steyn stig nuwe skop-akademie

Rugby: Die Springbok-veteraan, Morné Steyn, het sy nuwe skop-akademie begin as die volgende fase in sy luisterryke loopbaan. Die suksesvolle skopper het die stigting van die MS10 Akademie aangekondig waar hy sy vaardighede aan ‘n nuwe geslag puntemakers wil oordra. Die 38-jarige Steyn se kontrak met die Bulle eindig later vanjaar, maar hy het bevestig hy sal moontlik by Loftus aanbly as die unie se skopafrigter. Hy het 742 punte in 68 toetse vir Suid-Afrika aangeteken, insluitende 62 punte gedurende die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland in 2011.