Johannesburgers moet versigtig met water, vlakke is uiters laag

Johannesburg Water het inwoners aangeraai om hul waterverbruik te verminder. Dit volg nadat Rand Water berig het daar is baie druk op sy grootmaatnetwerk. Inwoners word daaraan herinner dat vlak een-beperkings tot Maart volgende jaar ingestel is. Die beperkings verbied die natmaak van tuine en die skoonmaak van geplaveide gebiede en opritte met tuinslange. Die woordvoerder, Puleng Mopeli, sê daar was oor die naweek ‘n groter vraag en dit het veroorsaak dat die stelsel se vlak uiters laag is: