Johannesburg wil sonpanele by verkeersligte installeer

Die Stad Johannesburg oorweeg dit om sonpanele te installeer om te verseker verkeersligte bly aan tydens beurtkrag. Dit is ook om diefstal en opsetlike beskadiging van infrastruktuur te verhinder. Daar word beweer misdadigers teiken dikwels tydens kragonderbrekings die rugsteunkrag-batterye vir verkeersligte. Die direkteur van Innovative Transport Solutions, Jan Coetzee, sê die stad moet sekerheid verbeter om diefstal en opsetlike beskadiging te voorkom, aangesien ‘n sonkrag-rugsteunstelsel onprakties en te duur is.