Roger Federer sing vanaand sy swanesang in tennis

Tennis: Vanaand is ‘n gepaste afskeid wanneer Roger Federer en sy jarelange mededinger, Rafael Nadal, sal saamspan vir die laaste wedstryd in sy merkwaardige loopbaan. Die 20-malige Grand Slam-kampioen sal vanaand saam met die Spanjaard die dubbelspel by die Laverbekertoernooi in Londen aanpak. Federer en Nadal, wat Span Europa verteenwoordig, sal teen die Amerikaanse spelers Frances Tiafoe en Jack Sock van Span Wêreld te staan kom. Die 41-jarige Federer is verheug om saam met Nadal en Novak Djokovic in ‘n span te wees.