Johannesburg werk om homself van Eskom te speen

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die veelpartyregering en City Power werk aktief om die stad se afhanklikheid van Eskom te beperk. Ongeveer 90 persent van sy krag word op die oomblik aangeskaf van die nutsmaatskappy. Die woordvoerder van die stad, Mabine Seabe, sê hulle is in die mark om te soek vir volhoubare, betroubare en bekostigbare oplossings wat die oorafhanklikheid van Eskom sal uitskakel: