Kalifornië maak gereed vir nog ‘n storm

Die stormgeteisterde Kalifornië berei hom voor vir wat waarskynlik ʼn laaste aanslag reën en sneeu is wat laat Sondag kan begin. Dit volg na die skade wat ʼn weerstelsel aangerig het en ernstige vloede veroorsaak het waarin 19 mense dwarsoor die staat dood is. Die Nasionale Weerdiens waarsku inwoners oor ‘n strook van sentraal- en suidelike Kalifornië moet voorberei vir nog swaar reën en sneeu, met die moontlikheid van oorstromings en modderstortings in ‘n gebied wat deurdrenk is na drie weke van storms.