Erongo staan behoeftige leerders, studente by

Die Erongo-streeksraad het ‘n fonds gestig om minderbevoorregte leerders by te staan in die streek. Die raad het reeds verlede jaar ‘n resolusie in die verband deurgevoer. Veral studente van tersiêre instellings wat registrasie-fooie moet betaal sowel as skoolgaande kinders met skryfbehoeftes wat aangekoop moet word, sal fondse ontvang. Die raad sê elke kiesafdeling in die streek is ‘n begroting gegee om behoeftige leerders en studente by te staan. Weeskinders en kwesbares tussen die ouderdomme van sewe en 35 sal voorkeur ontvang en gestremdes sal ook bystand gegun word. Jongmense met ouers wat 10 000 Namibiese dollar of meer maandeliks verdien sal nie in aanmerking kom nie.