Johannesburg-hospitaal rantsoeneer water

Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg ondervind ‘n tekort aan watervoorsiening, wat dienste in sommige dele van die instelling raak. Van die gedeeltes wat geraak word sluit in die hospitaal se noodafdeling, teater en die waakeenheid. Volgens die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, is deel van die pogings om te verseker daar is die minste moontlike impak op noodsaaklike dienste, sodat die hospitaal met dringende dienste, veral by sy teater kan voortgaan: