Shimuafeni sê oor landbou in die tweede kwartaal

Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het landbou met 1,9 persent in die tweede kwartaal gegroei, vergeleke met ‘n inkrimping van 2,1 persent gedurende die eerste kwartaal. Die verbeterde vertoning word weerspieël in die verhoogde aantal groot- en kleinvee wat bemark is. Die aantal beeste wat geslag is het met 20,2 persent gestyg vergeleke met ‘n inkrimping van 15,9 persent wat in dieselfde kwartaal van 2021 aangeteken is. Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal het ook die syfers vir grane bekend gemaak.