Eenheid vir simulasie en kliniese vaardighede by Maties

‘n Gevorderde eenheid vir simulasie en kliniese vaardighede is amptelik by Stellenbosch Universiteit se Tygerberg-kampus in Kaapstad bekendgestel. Die simulasie-kurrikulum-ontwerper, Bronwen Espen, sê die ruim nuwe fasiliteit bevat onder meer gesimuleerde spreekkamers, lokale en ‘n hospitaalsaal. Sy sê die moderne onderriglokale beskik oor hoëtegnologie-video-toerusting om studente te help om hul kliniese vaardighede te ontwikkel wat noodsaaklik is vir gesondheidsberoepe.