Covid-19-gevalle in Suid-Afrika styg steeds

Die aantal nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is byna 400 meer as die vorige dag. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het drie-duisend-220 nuwe gevalle geregistreer, vergeleke met Vrydag se totaal van twee-duisend-828. Die positiwiteitskoers staan op 9,2-persent. Gauteng het die oorgrote meerderheid van die nuwe gevalle met 82-persent, gevolg deur Noordwes en die Wes-Kaap met vier-persent elk. Nog agt Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, wat die totale aantal sterftes op 89-duisend-791 te staan bring.