Job soek pendelbusse, kenners sê treine is beter

Die Windhoek-burgemeester Job Amupanda het op sy sosiale media gevra of pendelaars wat in Rehoboth en Okahandja woon, sou belangstel om gebruik te maak van ‘n daaglikse busdiens van Stad Windhoek. Kenners meen dat ‘n treindiens beter sal werk en dat dit verkeer op die B1 en A1 roetes sal verlig en ongelukke verminder. Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib Johny Smith het vroeër gesê die diens is deel van hulle strategiese plan.

Intussen het Conrad Lutombi, tydens sy onderhoud vir die pos van hoof uitvoerende beampte van Stad Windhoek, gesê hy ondersteun ook ‘n treindiens, selfs in die hoofstad.