Mense se reg om self te besluit moet beskerm word

Die Change-party in Suid-Afrika sê President Cyril Ramaphosa moet Suid-Afrikaners die versekering gee dat hul grondwetlike reg van vryheid van keuse ten opsigte van verpligte inenting teen Covid-19 beskerm word. Die gesondheidsminister Joe Phaahla, het herbevestig die regering gaan nie wetgewing implementeer om inenting verpligtend te maak nie. Die president van die Change-party, Lesiba Molokomme, sê mense se reg om self te besluit moet ten alle koste beskerm word.