Patricia de Lille verheug wapenskandaalsaak skop af

Die buurland se wapenskandaal-verklikker en Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, sê sy is tevrede dat die korrupsiesaak teen Oudpresident Jacob Zuma en die Franse Wapenvervaardiger, Thales, na 22 jaar uiteindelik aan die gang sal kom. De Lille het in 1999 die fluitjie geblaas oor die multimiljard Namibiese dollar wapenskandaal en die Parlement gevra om haar bewerings te ondersoek. Sy sê die verhoor is ‘n groot les vir die land.