Job: Rooilyn is koloniale struktuur

Windhoekse burgemeester, dr. Job Amupanda, sleep die regering hof toe oor die veterinêre kordonheining. Sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, het vandag hofdokumente by die Windhoek-hoërhof ingedien. Amupanda sê die sogenaamde Rooilyn is ‘n koloniale struktuur wat die beweging van mense en diere van noordelike na suidelike Namibië beheer. Amoomo het aan Kosmos 94.1 gesê dit is ‘n ongrondwetlike koloniale struktuur wat opgerig is om koloniale doelwitte te bereik. Hy vertel aan Kosmos 94.1 wat hulle in die hof verwag.