Aussies begrawe onderklere in grond

Sowat 400 boere en skoolkinders in Australië het begin om hulle katoen-onderklere in die grond te begrawe en dit agt weke later weer op te grawe. Dit is alles deel van ‘n projek wat wetenskaplikes in staat stel om grond se gesondheid te ondersoek. Die burgerlike wetenskap-projek het in Amerika ontstaan en word die Soil Your Undies Challenge genoem. ‘n Senior dosent van Nieu-Suid-Wallis, Oliver Knox, sê katoen bevat sellulose wat dit ‘n smaaklike happie maak vir mikrobes en die menigte ander klein afbrekers wat in grond woon.