Job in selfisolasie

Die Windhoekse burgemeester, dr. Job Amupanda is in selfisolasie nadat hy in kontak was met ‘n persoon wat positief vir die Covid-virus getoets het. Dit is deur die adjunk-burgemeester Clemencia Hanases bevestig.