Tekort aan Marmite

Die huidige tekort aan Marmite gaan tot ten minste einde volgende maand voortduur, aangesien gis van voldoende gehalte blykbaar steeds skaars is. Die smeer word gemaak met ‘n gekonsentreerde uittreksel wat ‘n byproduk is van die proses om bier te maak. Die Marmite-vervaardiger Pioneer Foods sê hy verwag dat tekorte in supermarkte in Suid-Afrika sal verminder vanaf einde Julie tot Augustus. Pioneer vervaardig ook Bovril, maar daar is nie ‘n tekort aan die gemengde gis wat vir hierdie smeer benodig word nie.