J&J-entstowwe op pad na SA

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het bevestig dat 300 000 Johnson en Johnson Covid-19-dosisse vir onderwysers en skoolpersoneel môre in die land aankom. Aspen Pharmacare het vroeër hierdie week die versekering gegee dat hy ‘n aansienlike hoeveelheid entstowwe aan die land sal verskaf om die verlore voorraad by sy aanleg in die Oos-Kaap te vervang. Volgens die departement kwalifiseer alle skoolpersoneel om ingeënt te word.