Jeugligas van PDM en Swapo stem saam oor impak van rooftogte 

Die Popular Democratic Movement se jeugliga stem saam met die Swapo-jeugliga wat sê die huidige vlaag rooftogte teen besighede in die land het die potensiaal om beleggers af te skrik. Swapo-jeugliga se woordvoerder Moses Shikerete het sakelui versoek om hul geld in die bank te hou volgens wet, terwyl die polisie versoek word om hul ondernemings te beskerm en skuldiges vas te trek. Maximilian Katjimune, woordvoerder van die PDM-jeugliga gee sy mening in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.