Schlettwein verduidelik in- en uitvoere van hoender, groente

Ongeveer 3 000 ton hoender word elke maand in Namibië verbruik, sê die landbouminister Calle Schlettwein. Hy sê uit die 3 000 ton wat per maand verbruik word, verskaf die plaaslike bedryf sowat 1 800 ton. Die oorblywende 1 200 ton word ingevoer. Oor die verbruik van groente, sê die minister vir die afgelope vyf jaar gemiddeld, beloop die land se maandelikse verbruik van akkerbou-produkte ongeveer 7 961 metrieke ton per maand, wat neerkom op ongeveer 95 500 metrieke ton jaarliks. Van hierdie hoeveelheid word 36 326 metrieke ton plaaslik geproduseer en die res word ingevoer. Schlettwein sê hoewel Namibië ‘n netto invoerder van akkerbou-produkte is, het die land gemiddeld 52 021 metrieke ton vanaf 2017 tot 2021 uitgevoer.