Eskom skort môreoggend beurtkrag op

Eskom het aangekondig beurtkrag word môreoggend om vyf-uur opgeskort. Die opwekkingsvermoë is steeds beperk, maar die opheffing is moontlik omdat die vraag oor die naweek na verwagting laer sal wees. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê dit is ook omdat daar op die oomblik voldoende noodopwekkings-reserwes beskikbaar is.