Jeugdiens-werkers druk op Amushelelo se knoppie

Werkers by die Nasionale Jeugdiens het vanoggend die hulp van die omstrede aktivis Michael Amushelelo ingeroep. Die werkers sê hulle wag steeds op hulle Desember-salarisse. Die jeugdiens word deur die staat beheer. Maria Alweendo, een van die werkers, het met die media gepraat nadat sy Amushelelo gekontak het.

Maar dit wil voorkom asof daar nie geld is nie. Michael Mbamba, die diens se hoof finansiële beampte het met die ontstoke werkers gepraat en sê die diens wag op betaling van sy debiteure, maar hy het hulle opsies gegee.

Amushelelo, wat by die werkers was, het geweier om enige van die drie opsies te aanvaar en het Mbambo opdrag gegee om ‘n lening by die bank te neem om die mense te betaal. Dit is volgens berigte onder oorweging geneem deur Mbamba en op die oomblik wag die werkers steeds op terugvoer.