Eend-soldate hou wingerde groen, en skoon

‘n Wynboer in die Wes-Kaap het ‘n blink plan ontwerp om sy wingerde vry van goggas en slakke te hou en ook om weg te bly van sintetiese kunsmis. Eende. Op die Vergenoegd Löw-landgoed patroller wit, swart en bruin eende, netjies in ‘n ry, op soek na goggas en slakke om te eet. Die landgoed se besturende direkteur Corius Visser sê daar is meer as 500 eende wat hy beskryf as die landgoed se soldate. Die eende, ‘n subspesie van die sogenaamde Indiese wilde eend, is langer op sy bene en het ‘n langer nek wat toelaat dat slakke op blare en stamme ook bereik kan word. Hulle mis is uiters voedingsryk en werk baie goed as kunsmis. Na aanleiding van hul leier, marsjeer die eende in konvooi deur die wingerdstokke en daarom word hulle as soldate beskryf.