Jeugdiens-studente kry twee-jaar kontrak

Studente wat deur die Nasionale Jeugdiens opgelei word as sekuriteitswagte sal vir die volgende 24 maande diens doen by kantore van die NBC regoor die land. Die aanslag deur die jeugdiens word geloof. Vroeër is studente in boubedryf ook ontplooi om te help met die opknapping van regeringshuise. Die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, Job Muniaro sê dit is ‘n fantastiese inisiatief maar, hulle moet ordentlik vergoed word.